![]() |
Voltooide sterre |
By elke ster is daar 2 opsies. Keuses, keuses, keuses!
![]() |
Voltooide sterre |
Die afgelope twee maande het ek aan die buiterand eenhede spandeer. Eers het ek net op die 4 hoeke gekonsentreer, toe het ek die 4 blokke van die bo en onder sy gedoen en daarna die 4 blokke aan die sye.
'n Sykant eenheid met die volgende stap. |
Ek het nie genoeg van die helderblou gehad nie maar gelukkig 'n baie soortgelyke materiaal, wat ek toe by die sykante gebruik het. My volgende stap was om die klein "Grandmothers Flower" agtergrond eenhede voor te berei en in die korrekte oriëntasies in te las. Ek het besef om groot stukke agtergrond heksagone wat almal dieselfde is aan mekaar te las, sou vir my net te siel dodend wees.
Op my skets in EQ8 kon ek mooi sien waar ek met die agtergrond kon speel. Ek het baie gesukkel om die regte liggroen materiaal in my lap versameling te vind. Alhoewel dit radikaal in voorkoms van die agtergrond materiaal verskil vorm dit nie 'n kontras met die agtergrond nie en sal mens na aan die kwilt moet wees om die rosette van die agtergrond te onderskei.
Die voorbereide hoek met die agtergrond lappies asook die groen en donker rand. |
Die vierhoeke is voltooi met die groen en donker rand om. Die buiterand moet nog gemaak word. Die eenhede daarvoor is al gemaak. Ek het nou begin om die bo en onder rand te maak.
Net die rand gedeelte |
Die rosette in gespeld |
My agtergrond materiaal wat wit met 'n vuilgroen drukwerk daarop is, is baie min. Ek kan nie iets anders in die middel van die kwilt gebruik nie- dit gaan nie reg lyk nie, maar ek kan die groter gedeeltes in die buiterand met halwe GMFG in vul in die ligte groen materiaal. Dit is altyd voordelig om in eenhede te werk. Dit kan mens gemaklik in geselskap sit en doen. Ek tel gewoonlik hoeveel ek benodig en maak dan daardie hoeveelheid.
Vir die rand het ek het eers 'n sak vol donker heksagone 2-2 aan mekaar gewerk, so ook met die groen en die agtergrond. Dit kon ek ook in geselskap doen of waar ek gemaklik op die bank gesit het.
Toe ek die donker rand aan mekaar werk, was dit makliker om by 'n tafel te sit. Met die hoeke moes ek ook onthou om twee identiese eenhede en twee spieëlbeelde te maak. Ek het een hoek gemaak en dit toe as "patroon" gebruik om die ander hoeke te maak. Die spieëlbeelde het ek onderste bo gemaak. Ek kon maklik die groot eenhede op die tafel uitsprei om dit as gids vir die ander eenhede te gebruik. Die lappies wat 2-2 aan mekaar gewerk was, het die laswerk by die tafel bespoedig. Dit was maklik om hierdie eenhede net in die regte oriëntasie te draai en vas te werk om die rand wat in verskillende rigtings krul te maak.
Ek maak die buiterand se agtergrond ook net 'n bietjie interessanter om te las |
My doelwit is om teen Kersfees die kwilt klaar te hê. Dit sal die gouste wees wat ek al 'n handlas projek voltooi het. (Ek werk terselftertyd aan twee ander handprojekte ook, net vir afwisseling om dinge interessant te hou en te verseker dat ek nie iets nuuts bedink nie!)
Alles wat mooi is,
Marié
Middel met ligblou heksagone wat nog kort. (onder om) |
Grunge in die voorgrond en enigste alternatief daaragter |
'n Pers Grunge vir die wat nie weet hoe "Grunge" materiaal lyk nie- Die foto wys beter as die ligblou. |
Die middelste gedeelte is vas gewerk met losstaande eenhede buite om. |