'n Afrikaanse blog oor kwiltwerk in al sy fasette.
Hier deel ek my kennis, liefde en passie vir my werk met mede kwilters.

Maandag 15 Augustus 2016

Ander dinge

Ek gaan Ouma word- wat 'n lekker gedagte en vooruitsig. Annake moet self die baba kwilt maak (dalk kan ek haar belangstelling prikkel in laslapwerk?) so ek hekel. My keuse vir 'n baba kombers was seker nie die regte een vir 'n baba nie- dis nie sag en "cuddly" nie. 'n Ander kwilter by ons GHQG het Saterdag voorgestel dat dit 'n vloer kombersie word want dit is lekker dik. 'n Puik voorstel- ek hekel dit van 'n akrieliese wol (Gold) en dit is dus maklik wasbaar.

Mandala Madness van Helen Shrimpton
My skoonseun wou nie baba pink, blou of enige pastel kleur gehad het nie. Hy hou van neutrale kleure maar ek kon nie sonder 'n bietjie rooi om dit op te vrolik nie? Hierdie patroon word op die Facebook groep OFFICIAL CCC SOCIAL GROUP as n saam werk projek aangebied. Alhoewel die laaste aflewerings reeds gedoen is, is die patroon nog op Helen se webtuiste beskikbaar en dit is gratis. Ek het so baie nuwe maniere geleer om steke te maak soos die "back post" en die oorvou van "trebles" goed wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie. Ek sou dit nie baas geraak het sonder Esther se videos nie. Al die werk wat hierdie Hekel mense doen is gratis op die internet beskikbaar.

Ek wou eintlik Dedri Uys se Sophie's Universe hekel maar dit is so mooi in die helder kleure en ek wou dit dan liewer vir myself hekel. Intussen het ek so baie hekel projekte waaroor ek mal is dat my handlas werk seker bietjie af geskeep gaan word die volgende kompie maande. Ravelry is n heerlike webwerf waar mens as lid aansluit en baie gratis patrone kan aflaai. Op jou profiel hou jy dan ook boek van al die projekte wat jy wil aanpak enkan jy nie daarvan vergeet nie.

Ek het ook lekker katoen draad en katoen en Bamboo mengsels asook wol mengsels by Kleen Eezy en  die "Hobby" winkel in Northumberlandstraat in Bellville gekry. Daar is n Suid Afrikaanse vervaardiger wat ek nie ken nie met al hierdie wonderlike mengsels:African Expressions. So ek het al die wolle reg vir nog 3 projekte!

Vou Blokkies


Dit is altyd lekker om n klas te loop. Nel Scheffers het n klas oor 'n blokkie speelding by Alta se winkel (The Fabric Contessa) op hul plaas in die Paarl, aangebied en natuurlik moes "ouma" dit gaan bywoon. Ons het sommer Alta se nuwe klaskamer ingewy. Wat n heerlike plek vir so n klas. Soos altyd is n klas gesellig en kuier n mens tog te lekker saam met almal en hoor al die nuus.



Ek het nie my blokkies met n oorhand steek vas gewerk nie maar met n oop naat. Net die laaste naatjie het ek met die "ladder" stitch toe gewerk. Dit het lekker vinnig gegaan en die blokkies geniet soveel aftrek van ook groot mense dat ek nog n paar sal moet maak.

Lekker las, hekel of watter kratiewe projek jy mee besig is. Maak dit Mooi.

Marié du Toit

Saterdag 16 Julie 2016

My Kwilt Groei

Een van die lekkertes van 'n kwilt maak, is as dit so onder jou hande utiswel om 'n kwilt te word. Alhoewel daar nog baie werk in my La Passacaglia moet in gaan, kan ek al so 'n idee kry van hoe dit sal lyk. Die vier groot rosette is gemaak- 3 van hulle kort nog hul halfsirkel sterretjies wat buite om moet kom. Die grote in die linker onderste hoek, het sy sterretjies om en ek het ook al 4 kleiner rosette aangeheg.

Toe ek nou die rosette rondom die 4 grotes uitpak, vermis ek tot my skok 4 rosette. Ek weet dat ek 33 gehad het- ek het dit oor en oor getel. Al waar ek dit kon verloor het, is toe ek dit by Boland vergadering demonstreer het. So ek hoop iemand het dit vir my veilig bewaar en dat ek Woensdag daarmee sal kan herenig. Anders moet ek nog 4 maak en my materiaal is maar skraps, ek sal dit dalk een vir een moet uitsny.

Die een nadeel van handlaswerk is dat mens vergeet om dit op jou "design wall" te sit. (my naaldwerk kamer is buite die huis en my handwerk doen ek in die huis). Mens kry defnitief n ander perspektief as jy van n afstand daarna kyk. So het ek eers gesien toe ek dit hierop uit gepak het dat die groen sterretjies met die pentagone kan saamsmelt (soos in die groot linkerkantste roset). Die geel sterretjies lyk nou vir my snaaks met die ligter geel diamante as agtergrond, of lyk dit net anders? Ek beplan om die diamante wat die agtergrond van die sterretjies vorm, donker te maak vir die rostte op die buiterand.

Ek het al n paar keer verkeerd gewerk en was nogal verbaas oor hoe moeilik dit was om uit te trek. My handlas stekie is na 32 jaar van handlas werk klein en stewig. Indien ek pante sal wil vervang sal dit miskien makliker wees om die alternatief te appliek.

Met al die rosette uitgepak moet ek nou baie vinnig aan hierdie projek werk- my Dear Jane/Liewe Hedwig blokke is ook op die sagte bord uitgepak en ek wil ook daaraan werk, (Ek het net 'n laag watteersel oor gesit), As ek nie vinnig genoeg kan las nie sal ek maar die rosette op die watteersel moet vasspeld en dit eers opvou.

Ek probeer verseker dat die oorwegend pink en oorwegend groen rostte goed versprei is. Sal dalk moet begin rond skuif as ek die ander 4 gevind het.

Hierdie projek stel baie uitdagings, Dit vereis fyn werk, netjies speld en goed kop hou. Natuurlik is dit deel van die lekker- niks verveligs aan die projek nie- dis verseker!

Geniet jou laswerk!
Marié

Maandag 20 Junie 2016

Nog bietjie oor La Paz

Ek het Woensdag 'n bietjie my werkswyse vir Willyne Hammersteins se kwilt: La Passacaglia by ons gilde gedemonstreer en het besef dat alhoewel ek al hier daaroor geblog het, is daar nog meer te sê. Ek wil graag ook vir die Boland Gilde die inligting hier by mekaar gee so sal dalk herhaal wat ek in my vorige blog geskryf het.

Ek dink almal wat hierdie kwilt maak, maak gebruik van motiewe wat op n fuzzy cut metode uit materiaal gesny word. Waar my werkswyse van ander kwilts wat ek op die internet sien verskil, is dat ek hoofsaaklik een materiaal, deur Jane Sassaman ontwerp, gebruik het. Ek het vyf herhalings van die materiaal identifiseer. (Ek kon baie meer herhalings kry maar dan sou dit kleiner stukkies wees en mens verloor baie lap op die buiterand waar motiewe deur gesny word) As jy een materiaal vir jou La Paz wil gebruik maak seker dat n herhaling ongeveer 60-80 cm groot is, anders sal jy nie genoeg eenhede kan sny nie.

Ek dui die herhalings met skêr en pen aan

Ek het vyf identiese lae op mekaar gestapel net soos wat mens sou doen as jy n "One Block Wonder" of "Stack n Wack " kwilt sou maak. As ek dan my pantjies uit gesny het, het ek 5 identiese ontwerpe gehad. Mens moet net onthou dat jy 5 ontwerpies vir die middelste "ster" benodig maar 10 vir die pentagoon rand wat daarom gaan. Hierdie tien kan van twee identiese ontwerpe geknip word. Mens kry eintlik baie interessante resultate as jy dit van spieëlbeelde kan sny. Nie alle materiale het simmetriese ontwerpe waar mens dan ook n spieëlbeeld kan sny soos hierdie lieflike materiaal van Jane Sassaman nie. So as jy spesiaal materiaal gaan aan koop kyk of jy een kan kry wat aan jou die opsie bied.



Baie ander kwilters het elke sirkel uit 'n ander materiaal en kleur gemaak. My sirkels is uit dieselfde materiaal maar party is meer groen, blou of pink afhangende van watter motiewe uit die Jane Sassaman materiaal wat ek gebruik he,t gesny is, asook die kleure wat ek daarmee kombineer het.

By The DIYaddict  stel Karen voor dat mens eers n paar van die kleiner sirkels maak- die 5 diamante met die 5 smaller diamante en die 10 pentagone, sodat mens eers' n gevoel kry van wat die materiaal waarmee jy werk kan doen en ook watter effekte die beste werk. Dit is baie goeie raad. Ek het al 33  kleiner Rosette gemaak voor ek met my 4 groot Rosette begin het.

Ek het gesien dat alhoewel enkel ontwerpe mooi lyk, is dit veral die interaksie wat die pantjie met die een langs hom het wat besonderse resultate lewer. Ook kan lyne wat in 'n rigting gaan die oog lei om oor die ontwerp te beweeg. Vaste ontwerpe soos blommetjies kan die kwilt baie besig maak omdat dit 'n spikkel effek lewer. As dit al is wat mens gebruik kan dit uiteindelik steurend wees omdat jou oog nêrens 'n rusplek op die kwilt oppervlakte het nie.

Daar is net 4 groot Rosette en net drie van hulle het 'n volle sirkel sterretjies. Slegs een kleiner Rosette het n volle sirkel sterretjies. Slegs die groter Rosette het dan ook kleiner sirkeltjies van 6 pentagone. Dit hoef nie noodwendig in sirkeltjies gerangskik te word nie en mense kry wonderlike effekte met wat hulle doen. Ek het die naweek myne beplan en die pantjies daarvoor gesny.
Die groot onvolledige Rosette

Dit hang af watter ontwerpe mens hier aan pak, hoeveel groot pentagone mens benodig.(Soms tot 24 van dieselfde of ek het ook 18 en 18 spieëlbeelde benodig.) Almal was toe nie identies nie maar ek kon dit maak werk.  Dit het dus sorgvuldig tel gekos en areas uitsoek om daardie pantjies te sny. Moet dus nie al jou pentagone aan die begin sny nie, sny soos jy aangaan en sien wat werk en sorg dat n groot stuk van die 5 lae materiaal nog beskikbaar is om die variasies wat in hierdie 4 groter Rosette nodig is te kan sny.


Hier is nog n paar skakels:

Die boek is te kry van Quilt Mania

Allyson Richbieter verkoop die boek en patroonplate by haar Craf Academy,

Daar is heelwat Pinterest plekke waar mens n verskeidenheid van die kwilts kan sien soos ook hier en hier

Dit is goedkoper om in dollar te koop as in pond maar hier is n Engelse skakel vir die wat wel daarin belangstel

'n Artikel deur Love Patchwork

'n Blogger Sharon  beskryf hoe sy die proses aangepak het.

Nog van die Rosette



Ek hoop ek kon julle belangstelling hierin prikkel. As jy nie self een wil maak nie weet jy nou waaroor al die internet opgewondenheid gaan!

Lekkeer Las
Marié

Sondag 15 Mei 2016

Hulp uit n ander oord

My Simply Sixteen is in werking en binne drie weke het ek drie kwilts klaar gekwilt. As ek meer tyd net daaraan kon wy sou ek al baie meer voltooi het. Ek het hope half klaar kwilts so ek sal die Simply Sixteen nog lank kan besig hou.
Ek het n baie dik wol watteersel gebruik en sou dit moeilik gekwilt het as ek nie die Simply Sixteen gehad het nie. (Ek het dit op my Bernina raam begin kwilt, maar kon net n halwe blok op n slag kwilt- die spasie was nie voldoende nie.)

Ek het vergeet om ook tussen die blokke in die "ditch" te kwilt. Die raam hou dit so mooi in posisie dat mens nie altyd besef jy het nie die noodsaaklike "onsigbare" kwiltwerk gedoen nie. Uit die raam pof die ongekwilte areas en mens kry dan "distortion" wat die blokke ongelyk laat wertoon. Ek sal dit nou met my masjien en "walking foot" doen.

Ek het gewaag om die vere in n ligter garing te kwilt. Dit is meer sigbaar. My kwiltwerk is nog nie eintlik goed genoeg om dit te doen nie, maar die kwiltjie is vir myself en ek wil graag die vere sien.
In die tussen tyd het ek nog n kwilt begin en reeds amper voltooi. Ek neem  dikwels boeke by die gilde se biblioteek uit en tog beënvloed dit nie my kwilt werk nie. Voor mens nie n projek aangepak het wat die boek voorstel of n tegniek beproef het nie, sal die boek geen invloed hê nie. Die laaste twee boeke wat ek uit geneem het, het my laat besluit om weer bietjie my boeke te "doen".

Uit die een boek:"Quilt the Seasons" van Barbara K Baker (lyk my nie dit is meer in druk nie) het ek die idee gekry om elke maand iets aan te pak, al is dit dan net iets kleins. (Ja as ek elke maand' n nuwe kwilt begin sal ek 12 half klaar kwilts hê teen die einde van die jaar- en as ek nie op pas nie stuur ek daarop af!) So julle sal dalk dink dat ek nie die aanmoediging nodig gehad het nie!

Uit die ander boek Red White and Sometimes Blue, Classics from Mc Call's Quilting het ek die voorblad kwilt begin. Ek is mal oor rooi en wit kwilts en so spyt dat ek nie die wonderlike uitstalling van Rooi en wit kwilts wat n paar jaar terug in New York gehou is, kon bywoon nie. Die boek oor hierdie uitstalling en kwilts is nou te koop en ek beplan om dit aan te skaf.

Die kwilt wat ek maak het gelaste blokke afgewissel met wit blokke. Aangesien ek nog nie so goed kwilt op my Simply Sixeen nie en ook baie borduur patroontjies het en graag borduurwerk met laslapwerk kombineer, was dit n maklike besluit. Borduur "redwork" patroontjies op die wit blokke. Ek het twee stelletjies een met hoendertjies en  die ander bosse blomme gekies om op die wit blokke te borduur. Nou na twee weke moet ek net die laaste nate stik en die raam om sit. My rooi materiale is nou baie min en daar is nie materiaal vir n raam in my kas nie- so dit sal ek nou spesifiek moet gaan soek. Wat n lekker werkie!
Die kordate hoendertjies is tog te mooi.
Alhoewel my Simply Sixteen nie nou n kwilt op het nie (Ons gaan bietjie Nampo toe) beteken dit nie ek het niks om te kwilt nie! Die kwilt wat ek vir Stefniek gemaak het is  net soek. Ek het my naaldwerk kamer al om gekeer en ook in die huis gesoek. Ek kan net nie dink wat ek daarmee as ook met die blou langhaar materiaal wat ek as agterkant wil gebruik, gemaak het nie. Ek wou dit nou kwilt maar as ek terug is van Nampo en dit nog nie kan vind nie sal my scrap kwilt wat al 25 jaar gelede voltooi is en wat ek al begin kwilt het, nou eers plek op die raam kry.

Hoop jy geniet ook jou kwiltwerk.

Marié