'n Afrikaanse blog oor kwiltwerk in al sy fasette.
Hier deel ek my kennis, liefde en passie vir my werk met mede kwilters.

Sunday, October 7, 2018

Om oor te begin

Vanjaar het nuwe uitdagings aan my gestel. Ek woon nou op Melkbos - alleen. Twee van my kinders en skoonseun is nou by die boerdery betrokke. Ek moes uit my huis skuif na 'n ongemaklike woonstel en het verkies om see toe te kom. Na 8 maande het ek die moeilike aanpassing gemaak, myself tuis gemaak en 'n nuwe naaldwerkkamer ingerig.



My kasbouers in aksie

Ek begin my materiaal in pak
Om 'n plek vir elke ding te vind en elke ding op sy plek te kry is nog 'n proses. Ek het nuwe kaste in my naaldwerkkamer laat inbou. Ek wil nog rakke teen die mure laat oprig en ook werk blaaie vir my masjiene laat insit. My Simply Sixteen is ingeruil op die Amara en dit pas net-net in. Ek verskuif nog elke nou en dan iets en dit sal nog n rukkie neem voor alles in my Naaldwerkkamer heeltemal funksioneel is. Daar is nog n tafel wat moet uit en deur 'n "workbench" vervang moet word, wat nog op die plaas is. Daarvoor moet ek wag vir die regte geleentheid en hulp van my kinders.

Tussendeur is ek betrokke by die organisasie van ons Good Hope Quilters Gilde se wegbreek (wat Fynbos genoem word) in die Oktober vakansie. Ek is ook aan die stuur van sake vir die 2021 Nasionale kwiltfees wat ons ook in Stellenbosch wil aanbied.

Aangesien ek nou nader aan die Kaap is kan ek ook weer laslapklasse gee. Ek het 'n beginner klas asook 'n kursus waarin basiese eenhede gelas word, by Thimbles die laslap winkel in Durbanville aangebied.

No comments:

Post a Comment